|
Bekende Russiese skrywer sterf |
|
|
|
|
Maandag, 04 Augustus 2008 |
|
Die wêreldbekende Russiese skrywer en andersdenkende, Alexander Solzhenitsyn, is gisteraand in die ouderdom van 89 jaar oorlede.
Hy het in 1970 die Nobelprys vir literatuur ontvang ná publikasies oor die strafkampe van Stalin en die Sowjet-unie waar hy agt jaar lank aangehou was. Hy is in 1974 deur die Sowjet-unie as verraaier gebrandmerk en gedeporteer en het weer ná twintig jaar van ballingskap en ná die val van die Sowjet-unie, na sy geboorteland teruggekeer. |