|
Sondag, 03 Augustus 2008 |
|
’n Ontploffing het gisteraand by die hoof polisiestasie in die Zimbabwiese hoofstad Harare plaasgevind, maar geen berigte van ongevalle is tot dusver ontvang nie.
‘n Polisieman op die toneel het aan die Reuters nuusagentskap gesê daar was niemand in die kantoor waar die ontploffing plaasgevind het nie. Hy kon nie sê wat die ontploffing veroorsaak het nie. Die gebied rondom die polisiestasie is deur die Zimbabwiese polisie afgesper en daar is reeds met forensiese ondersoeke begin. |