|
Elf sterf in botsing in Mpumalanga |
|
|
|
|
Saterdag, 02 Augustus 2008 |
|
Elf mense is dood in ‘n botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n bakkie op die N-11 tussen Hendrina en Ermelo in Mpumalanga.
Die vragmotor het na die botsing aan die brand geslaan en ‘n veldbrand het ontstaan. Die vragmotor het blykbaar ‘n ander voertuig verbygesteek toe dit in die aankomende bakkie vasgejaag het.Nege passasiers wat agterop die bakkie gesit het asook die bestuurder is dood terwyl twee ander ernstig beseer is.Die bestuurder van die vragmotor is ook dood in die ongeluk. |