|
Vryheidsfront Plus krapperig oor Vodacom transaksie |
|
|
|
|
Vrydag, 01 Augustus 2008 |
|
Die Vryheidsfront Plus sê die jongste swart ekonomiese bemagtigings-transaksie van Vodacom bewys weereens hoe groot maatskappye blankes blatant uitsluit van deelname in aandeleskemas.
Dit maak by implikasie tweedeklas burgers van blankes in Suid-Afrika. Woordvoerder Jaco Mulder sê net soos talle onlangse gevalle, waaronder skemas van Nedbank en Sasol, word blankes blatant uitgesluit van deelname, terwyl hulle 'n groot bydrae tot die sukses van Vodacom lewer.Hy sê in ‘n verklaring groot maatskappye, wat van blanke geld en kundigheid afhanklik is, val oor hul voete om aan rasgegronde skemas deel te neem om by die regering guns te koop. |