|
Botswana raak moeilik met |
|
|
|
|
Vrydag, 01 Augustus 2008 |
|
Die regering van Botswana het gedreig om die komende beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te boikot indien die omstrede president Robert Mugabe van Zimbabwe toegelaat word om dit by te woon.
Die beraad van staatshoofde word op 14 en 15 Augustus in Johannesburg gehou. Botswana se ministerie van buitelandse sake sê as Mugabe genooi word, sal dit daarop neerkom dat hy as president erken word. Botswana weier om hom as president te erken ná die eenman-verkiesing aan die einde van Junie. Zimbabwiese opposisie-politici het Mugabe-ondersteuners beskuldig van teistering en aanvalle op hulle en ander mense in die ooste van die land. Zimbabwe se prokureurs vir menseregte sê ‘n parlementslid en vyf plaaslike raadslede van die Beweging vir Demokratiese Verandering het ‘n dringende aansoek by die hooggeregshof ingedien oor die aanvalle. Die groep sê die plaaslike raadslede is onder meer uit hulle huise gedwing en het buite die Nyanga-kiesafdeling skuiling gaan soek. |