|
Mkonto se veterane bekommerd oor Zuma |
|
|
|
|
Vrydag, 01 Augustus 2008 |
|
Die Mkhonto we Sizwe Veterane-vereniging sê Suid-Afrika behoort bekommerd te wees oor die implikasies van die Konstitusionele Hof se uitspraak teen Jacob Zuma.
Die voorsitter van die vereniging, Kebby Maphatsoe, sê sy organisasie was nog altyd van mening dat die saak teen die ANC-president ‘n politieke een is wat as ‘n strafregtelike saak vermom is. Hy sê dit is verbysterend dat dit die Konstitusionele Hof so lank geneem het om tot ‘n besluit te kom. |