|
Petrol goedkoper in Suid-Afrika |
|
|
|
|
Vrydag, 01 Augustus 2008 |
|
Die prys van alle grade petrol sal Woensdag met 27 sent per liter daal.
Die departement van Minerale en Energie het ook aangekondig dat diesel met 16 sent ‘n liter goedkoper sal wees. Die prys van paraffien sal egter met vier sent per liter styg. Die departement sê die werklike daling in die petrolprys by die pomp sal egter verskil weens die afronding van die prys om vulstasies tegemoet te kom wat nie 'n viersyfer-prys kan toon nie. In Gauteng sal die pomppryse dus met 30 sent ‘n liter daal. |