|
Nagmerrie-vaart op Stille Oseaan |
|
|
|
|
Vrydag, 01 Augustus 2008 |
|
Meer as ‘n duisend-700 passasiers het in Auckland in Nieu-Seeland aangekom ná ‘n nagmerrie-vaart op die passasierskip, die Pacific Sun, waartydens sowat 40 mense beseer is.
Die vaartuig is Woensdag deur ‘n subtropiese storm in die Stille Oseaan sowat 600 kilometer noord van Auckland getref. ‘n Stormwind en sewe meter hoë deinings het stoele, breekgoed, dobbelmasjiene op die vaartuig gebreek. Berading moes aan geskokte passasiers gegee word en baie het hulle besprekings vir die skip se volgende plesiervaart gekanselleer. |