|
Lotter-kinders weer in die hof oor die beweerde moord op hulle ouers |
|
|
|
|
Donderdag, 31 Julie 2008 |
|
Die 26-jarige Nicolette Lotter en haar 20-jarige broer, Hardus, het in die Durbanse landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord.
Hulle en die derde beskuldigde -- Nicolette se kêrel, Mathew Naidoo – word beskuldig vir die moord op hulle ouers, Johan en Magdelena Lotter, op 19 Julie in hulle huis in Westville. Landdros Corel Language het 'n versoek dat die media foto's van die beskuldigdes mag neem, geweier. Die saak is tot 14 Augustus uitgestel vir 'n sielkundige verslag oor die Lotters. Die twee bly in aanhouding in die Westville-polisieselle en Naidoo in die Cato Manor-polisieselle. |