|
ANC aanvaar hofuitspraak teen Zuma |
|
|
|
|
Donderdag, 31 Julie 2008 |
|
Die ANC sê hy eerbiedig die uitspraak van die Konstitusionele Hof ingevolge waarvan al die appèlsake van die ANC-president, Jacob Zuma, oor die beslagleggings op sy dokumente verwerp is.
Die dokumente speel 'n belangrike rol in Zuma se komende verhoor op aanklagte van korrupsie en bedrog. Die hof het ook die appèl-aansoeke van Zuma se prokureur, Michael Hulley, en Zuma se mede-beskuldigde -- die Franse wapenmaatskappy Thint – van die hand gewys. Die ANC sê in ’n verklaring hy respekteer ook die reg van alle burgers om hulle grondwetlike regte vryelik uit te oefen om enige regsproses te volg wat hulle nodig mag ag.Die party sê hy herbevestig sy steun vir sy president en die beginsel van gelykheid voor die reg. Om dié rede sal ANC-leiers en ondersteuners Maandag buite die hooggeregshof in Pietermaritzburg vergader om hulle ondersteuning te demonstreer. |