|
Sjina sensor die internet aan die vooraand van die 2008 Olimpiese Spele |
|
|
|
|
Donderdag, 31 Julie 2008 |
Sjina sê hy sal nie swig oor Internet-sensorskap vir buitelandse verslaggewers wat die Olimpiese Spele dek nie.
‘n Woordvoerder van Beijing se Olimpiese reëlingskomitee, Sun Weide, sê ‘n klompie webwerwe is geblokkeer, hoofsaaklik omdat hulle wette van die land oortree. Hy sê webtuistes word nie toegelaat wat nuus onwettig uitsaai of wat die land se nasionale belange skade kan berokken nie. Webwerwe wat geblokkeer word, sluit in dié van die menseregtegroep Amnestie Internasionaal, die Tibetse regering in ballingskap, die waghond-organisasie vir persvryheid, Verslaggewers sonder Grense, en verskeie Sjinese andersdenkende organisasies. |