|
Suid Afrikaanse lugmag verloor baie kundigheid |
|
|
|
|
Woensdag, 30 Julie 2008 |
|
Die minister van Verdediging, Mosiuoa Lekota, sê die lugmag het die afgelope drie en ‘n half jaar 91 vegvlieëniers en 822 tegnici verloor.
Die lugmag beskik tans net oor twintig operasionele vegvlieëniers. Die inligting is in die parlement verstrek in antwoord op ‘n vraag van die Vryheidsfront Plus parlementslid, Pieter Groenewald.Groenewald het gesê die minister het erken dat swak salarisse en die persepsie dat blankes beperkte loopbaanvooruitsigte in die lugmag het, van die hoofredes is hoekom lede die lugmag verlaat het. |