|
Sterk aardbewing tref Amerikaanse staat |
|
|
|
|
Woensdag, 30 Julie 2008 |
|
'n Sterk aardbewing het die suide van die Amerikaanse staat Kalifornië getref. Die skudding is gevoel vanaf Los Angeles tot San Diego, en ook liggies in Las Vegas.
Die Amerikaanse Geologiese Agentskap raam die sterkte voorlopig op 5,8 op die Richterskaal. ‘n Sewe en twintigjarige Britse vrou wat in LA woon, het aan The Press Association gesê die hele woonstelgebou waar sy bly het ‘n paar sekondes lank heen en weer geskud. Sy het onder ‘n tafel ingeduik vir ingeval dit ‘n reuse-skudding sou wees. Daar was geen onmiddellike berigte van skade of beserings in die stad nie. |