|
Sportleiers gaan mekaar skynbaar pak |
|
|
|
|
Dinsdag, 29 Julie 2008 |
|
Die vonke gaan na verwagting vandag spat op die vergadering van die parlement se Sport- en Ontspanningskomitee wanneer voorsitter Butana Komphela en die president van die SA Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee, Moss Mashishi, koppe stamp.
Saskok gaan die komitee blykbaar inlig oor sy besluit om vergaderings te boikot weens Komphela se gedrag. Die ANC se parlementêre koukus steun Komphela en beskuldig Mashishi daarvan dat hy roekeloos en arrogant is. |