|
Sondag, 27 Julie 2008 |
|
Gehaltespel en ondervinding het hoogty op Loftus gevier toe die Europese meesters, Manchester United, die Vodacom Challenge vir die eerste keer ingepalm het nadat hulle Kaizer Chiefs 4-0 in ‘n eensydige eindronde geklop het.
Dit was ‘n kwessie van vergelding vir United wat tydens die Challenge-eindstryd in 2006 in dieselfde stadion deur Amakhosi geklop is. Die twee spanne het gelykop gespeel met 1-elk in die openingswedstryd van die toernooi op Nuweland. United het direk na die eindstryd na Nigerië vertrek waar hulle in ‘n toernooi gaan speel waarby die Engelse FA-Beker-houers, Portsmouth, ook betrokke is. |