|
Vrydag, 25 Julie 2008 |
|
Zimbabwe se regerende Zanu-PF party het besluit dat president Robert Mugabe se omstrede herverkiesing ‘n nie-onderhandelbare kwessie op die party se samesprekings met die opposisie in Suid-Afrika sal wees.
Die staatsbeheerde Herald-koerant sê Zanu-PF se politburo het op ‘n vergadering in Harare besluit dat die uitslag van 27 Junie se verkiesing, wat deur die MDC geboikot is, eerbiedig moet word. Die MDC-leier, Morgan Tsvangirai, het vroeër gesê die uitslag van die verkiesing in Maart moet die vertrekpunt wees van enige onderhandelings oor magsdeling. |