|
Rugby: Grens Bulhonde gevra om poste te laat vaar |
|
|
|
|
Vrydag, 25 Julie 2008 |
|
Rugby: Die Grens-rugbyunie het in ‘n ongewone stap die bestuurspan van die Grens Bulhonde gevra om tydelik hulle poste te laat vaar.
Die besluit is geneem voor die span Saterdag op George teen die SWD-Arende te staan kom in ‘n eerste-afdeling Curriebeker-wedstryd. Die unie se hoofbestuurder, Leon Botha, het aan Media24 gesê daar is ernstige meningsverskille binne die bestuurspan. Die lede is tot Dinsdag afgegee hangend ‘n interne ondersoek. Botha noem die situasie ‘n interne probleem. |