|
Kaizer Chiefs het Orlando Pirates verslaan |
|
|
|
|
Vrydag, 25 Julie 2008 |
|
Sokker: Kaizer Chiefs het Orlando Pirates met 2-nul verslaan in gisteraand se Vodacom-uitdaagwedstryd in Port Elizabeth.
Die oorwinning beteken dat Chiefs Saterdag in Pretoria teen die Engelse en Europese kampioenspan Manchester United te staan kom in die eindstryd van die reeks. Al die kaartjies is reeds uitverkoop vir die kragmeting op Loftus, wat die middag half vier begin. Amakhosi se doelskieter, José Torrealba, het gisteraand ‘n kopskoot in die net laat beland in die 14de minuut. Die plaasvervanger Kaizer Motaung Junior het die oorwinning beklink met nog ‘n kopskoot in die tweede helfte. |