|
Krieketnuus: Proteas wen teen Engeland |
|
|
|
|
Dinsdag, 22 Julie 2008 |
|
Suid-Afrika se krieketkaptein, Graeme Smith, het sy tevredenheid uitgespreek oor Suid-Afrika se oorwinning oor Engeland in die tweede toets op Headingley en gesê dit was ‘n baie goeie vertoning deur die span.
Suid-Afrika se krieketkaptein, Graeme Smith, het sy tevredenheid uitgespreek oor Suid-Afrika se oorwinning oor Engeland in die tweede toets op Headingley en gesê dit was ‘n baie goeie vertoning deur die span. Hy sê die span kan egter nog in elke afdeling verbeter. Smith sê die span kan nie nou op sy louere rus nie, aangesien Engeland ‘n span vol gehalte-spelers is. Suid-Afrika het met tien paaltjies gewen met nog ‘n dag se spel oor en loop nou met een-nul voor in die reeks van vier toetse. |