|
Rugbynuus: Schalk Burger reg vir toets teen Argentinië |
|
|
|
|
Maandag, 21 Julie 2008 |
|
Die Springbokflank Schalk Burger sal reg wees vir die toets op 9 Augustus in Johannesburg tussen Suid-Afrika en Argentinië.
Die Springbokflank Schalk Burger sal reg wees vir die toets op 9 Augustus in Johannesburg tussen Suid-Afrika en Argentinië. Die Bokke se afrigter, Peter de Villiers, het gisteraand ná die span se terugkeer uit Australasië gesê Burger het in Saterdag se verloortoets teen Australië ‘n stamp teen sy nek gekry en is as voorsorgmaatreël van die veld af gebring. Hy sal vandag in Kaapstad deur ‘n dokter ondersoek word, maar die besering is nie ernstig nie. |