|
Pistorius nie deel van Olimpiese span na Beijing |
|
|
|
|
Vrydag, 18 Julie 2008 |
|
Die Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, gaan nie in ingesluit word by Suid-Afrika se span vir die Olimpiese Spele in Beijing nie.
Die president van Atletiek Suid-Afrika, Leonard Chuene, het vandag gesê Pistorius het nie die span gehaal nie. Pistorius kon nie daarin slaag om die Olimpiese kwalifiserende tyd van 45-komma-55 sekondes te behaal nie. Volgens Chuene sal hy ook nie lid van die aflosspan wees nie, aangesien vier ander Suid-Afrikaanse atlete vinniger tye aangeteken het. |