|
Tsvangerai trek glo kleinkoppie |
|
|
|
|
Donderdag, 17 Julie 2008 |
Die Zimbabwiese staatsmedia het die leier van die opposisieparty MDC, Morgan Tsvangirai, daarvan beskuldig dat hy op die laaste nippertjie onttrek het aan ‘n vredesooreenkoms.
The Herald berig dat verteenwoordigers van die regerende Zanu-PF en twee faksies van die MDC gister ‘n ooreenkoms bereik het wat opgevolg sou word met werklike samesprekings tussen die twee groepe. Tsvangirai het aan The Star gesê die MDC sal teken, maar eers wanneer die proses beslag gekry het. |