|
Krieketnuus: Pakistan skors snelbouler |
|
|
|
|
Woensdag, 16 Julie 2008 |
|
Die Pakistanse Krieketraad het snelbouler Mohammad Asif uit alle kompetisies geskors tot ‘n ondersoek afgehandel is in Indië, waar hy positief getoets is vir verbode middels.
Die Pakistanse Krieketraad het snelbouler Mohammad Asif uit alle kompetisies geskors tot ‘n ondersoek afgehandel is in Indië, waar hy positief getoets is vir verbode middels. Die Indiese Premiersliga het Asif uitgewys as die speler wat positief getoets is tydens die Twintig20-reeks wat van April tot verlede maand in die land gehou is. Asif en nog ‘n snelbouler, Shoaib Akhtar, het in 2006 ook positief getoets. Die 25-jarige speler is toe vir ‘n jaar geskors en Akhtar vir twee jaar, maar die skorsings is opgehef na appèl-aansoeke. |