|
Die president van Liberië het haar besoek aan Namibië afgesluit |
|
|
|
|
Woensdag, 16 Julie 2008 |
|
Die president van Liberië, Ellen Johnson-Sirleaf het haar ampsbesoek aan Namibië afgesluit met die wens dat Afrika regerings vrede en werklike voorspoed ernstig sal opneem en daadwerklike stappe sal neem om dit te verwesenlik.
Die president van Liberië, Ellen Johnson-Sirleaf het haar ampsbesoek aan Namibië afgesluit met die wens dat Afrika regerings vrede en werklike voorspoed ernstig sal opneem en daadwerklike stappe sal neem om dit te verwesenlik. Sy het president Phohamba uitgenooi om Liberie te besoek. Hoewel sy nie regstreeks in haar rede voor n gesamentlike sitting van die parlement oor Zimbabwe gepraat het nie is sy op rekord oor haar afkeur aan president Robert Mugabe se benadering. |