|
Krieketnuus: Proteas maak geskiedenis op Lord's |
|
|
|
|
Dinsdag, 15 Julie 2008 |
|
Die Suid-Afrikaanse krieketspan het in die afgelope eerste toets teen Engeland geskiedenis gemaak toe hulle die eerste besoekende span geword het wat vier honderdtalle in ‘n toets op Lord’s kon aanteken.
Die Suid-Afrikaanse krieketspan het in die afgelope eerste toets teen Engeland geskiedenis gemaak toe hulle die eerste besoekende span geword het wat vier honderdtalle in ‘n toets op Lord’s kon aanteken. Die Wes-Indies in 1973, Sri Lanka in 1984 en Australië in 1993 het drie honderdtalle aangeteken. Suid-Afrika is ook die eerste span wie se eerste drie kolwers in ‘n tweede beurt honderdtalle kon aanteken. Graeme Smith, Neil McKenzie en Hashim Amla het dié prestasie behaal, terwyl Ashwell Prince in die eerste beurt ‘n honderdtal gekry het. |