| Liedjie wat nou speel / pas gespeel het: DUFFY : Warwick Avenue |
| Proteas trek kort singel |
|
|
|
| Saterdag, 12 Julie 2008 | |
|
‘n Opdraande stryd wag vandag op Suid-Afrika op dag drie van die eerste toets teen Engeland op Lord’s in Londen nadat Engeland gister sy eerste beurt gesluit verklaar het op 593 vir agt. Ian Bell het die sewende speler in die geskiedenis van toetskrieket en die eerste Engelsman geword wat sy paaltjie met die telling op 199 verloor het. Toe spel weens reën kortgeknip is, het Suid-Afrika sewe lopies sonder verlies in sy eerste beurt gehad met Graeme Smith op twee en Neil McKenzie op vyf. Suid-Afrika se eerste mikpunt is 394 lopies om ‘n beurtnederlaag af te weer. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|











