|
Vrydag, 11 Julie 2008 |
Die leier van die United Democratic Movement, Bantu Holomisa, het die naderende formele uitbreiding verwelkom van die groep van G8-lande na die G-13, met die insluiting van Suid-Afrika, Sjina, Brasilië, Indië en Meksiko.
Die UDM het President Thabo Mbeki en die voormalige Nigeriese President, Olusegun Obasanjo, gelukgewens met die inisiatief om ‘n Afrika-verteenwoordiger by hierdie belangrike internasionale forum te hê. Holomisa het egter gewaarsku dat Suid-Afrika se hantering van veiligheidskwessies, en spesifiek misdaad, drasties verbeter moet word indien ons met gesag by die forum wil praat. |