|
Lekker kookwater rugby word in Dunedin verwag |
|
|
|
|
Vrydag, 11 Julie 2008 |
|
Met spanning wat hoog loop tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika oor opmerkings teen afrigter Peter de Villiers, kan die bokke môre ‘n moeilike stryd in die Pynhuis in Dunedin te wagte wees.
Dit sou nie maklik vir die Suid-Afrikaners gewees het nadat hulle verlede naweek in Wellington verloor het nie, maar sedert die voorval met de Villiers, wat deur sommige All Blacks en kommentators as ‘n marionet beskou word, het die tweede Drienasies-Toets skielik ‘n reuse uitdaging geword. Die weer gaan ook nie veel help nie aangesien sneeu en reën vir môre voorspel word. |