|
Zanu-PF en die MDC praat glo in Suid Afrika |
|
|
|
|
Donderdag, 10 Julie 2008 |
|
Zanu-PF en die MDC hou vandag in Suid-Afrika samesprekings. Die gewone onderhandelaars van albei partye het van Zimbabwe gekom om die onderhandelings te voer.
President Thabo Mbeki probeer om die twee groepe tot ‘n ooreenkoms te bring. Intussen sê die Geesteswetenskaplike Navorsingsraad Zimbabwe was nog nooit tevore so naby aan ‘n burgeroorlog soos nou nie, na laasmaand se omstrede Presidentsverkiesing. Die Raad het sy Saving Zimbabwe verslag vandag vrygestel, en sê daarin die nagevolge van die verskiesing word ‘n groot bron van konflik in Afrika. Die Raad sê gefrustreerde ondersteuners van die opposisie het begin om hulleself te bewapen en kan Zanu-PF se aanvalle met aanvalle van hulle eie beantwoord. |