|
Veiligheidsraad stem dalk al vandag oor sanksies teen Zimbabwe |
|
|
|
|
Donderdag, 10 Julie 2008 |
|
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad kan moontlik vandag stem om te bepaal of sanksies op die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, ingestel moet word.
Brittanje steun die Amerikaans-ontwerpte resolusie, wat ‘n reisverbod op senior Zanu-PF-lede sal insluit. Die dokument behels ook wapensanksies teen Zimbabwe en die aanstel van ‘n “groep deskundiges” om vordering dop te hou. Rusland het aangedui dat hy die voorstel kan veto aangesien hy bedenkinge het of die situasie in Zimbabwe ‘n internasionale bedreiging vir vrede en sekuriteit inhou. |