|
Kiwi’s raak lelik met Peter de Villiers |
|
|
|
|
Donderdag, 10 Julie 2008 |
|
Spanning tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland is aan die toeneem op die vooraand van die tweede Drienasies-Toets wat Saterdag op Dunedin plaasvind en dit is nie net die spel wat onder skoot gekom het nie.
SA-Rugby sê in ‘n verklaring hy het met skok verneem van uitlatings deur die voormalige All Black, Craig Dowd, waarin hy Springbokafrigter, Peter de Villiers, as ‘n marionet beskryf. SARU sê Dowd se uitlatings is ‘n persoonlike belediging teenoor De Villiers en SARU en het ‘n verskoning geëis.Intussen het De Villiers ook deurgeloop onder ‘n aantal Nieu-Seelandse skrywers en kommentators wat sê hy weet niks van rugby af nie en is onkundig. Sy aanstelling word deur baie All Blacks gesien as ‘n transformasie-skuif. |