|
Die Proteas vandag teen Engeland |
|
|
|
|
Donderdag, 10 Julie 2008 |
|
Suid-Afrika se kaptein, Graeme Smith, hoop dat hy en sy span dieselfde spelpeil kan handhaaf as wat hulle in hulle verwoestende oorwinning vyf jaar gelede teen Engeland reggekry het.
In 2003 was Smith nog ‘n 22-jarige groentjie-kaptein. Maar hy het ‘n dubbele honderdtal aangeteken in die eerste Toets op Edgbaston, waar Nasser Hussain bedank het as Engelse kaptein. Smith het toe gevolg met 259 op Lord’s, die hoogste Toetstelling deur ‘n oorsese speler in die “hartland van krieket”.Supersport berig ook dat Engeland gesorg het vir ‘n wêreldrekord deur ‘n onveranderde elftal vir die sesde opeenvolgende Toets aan te kondig vir die openingswedstryd van die vier-Toets reeks wat vandag begin. |