|
Kosmos 94.1 binnekort in Londen op die lug |
|
|
|
|
Woensdag, 09 Julie 2008 |
|
Die Besturende Direkteur van Kosmos 94.1 Kolie van Coller het bekendgemaak dat Kosmos se Londen diens aan die einde van die maand regstreeks op die lug gaan wees.
Volgens Van Coller sal twee Kosmos-personeellede, PM Bolton en Fanie Gerber van Windhoek op 24 Julie na Londen vertrek om die Londen-uitsendings aan die gang te kry. Die eerste regstreekse uitsendings sal volgens Van Coller dae later gehoor word. Van Coller het die verwikkeling ook as deurbraak vir radio op die Afrika-kontinent bestempel wat Namibie en die streek onder die aandag van honderde duisende Suid Afrikaners en Namibiers in Brittanje en regoor die planeet gaan bring.Kosmos 94.1 se Londense omroeper is Francois van Heerden |