|
G8 vra sanksies teen Zimbabwe |
|
|
|
|
Dinsdag, 08 Julie 2008 |
|
Die G8 lande wat in Japan vergader het die VN versoek om sanksies teen zimbabwe in te stel.
Volgens die Italiaanse eerste minister, Silvio Berlusconi, het al 8 lede van die groep die besluit ondersteun om sanksies in te stel. Rusland, wat tot dusver verdere strafmaatreels teengestaan het, het sy standpunt verander en gaan saam met die res van die G8 leiers vra dat sanksies teen die regering van president Robert Mugabe ingestel word. Die VSA gaan na verwagting later vandeesweek 'n VN resolusie indien wat 'n wapenverbod teen Zimbabwe instel, en president Robert Mugabe se persoonlike bates vries. |