|
Hitler beeld gaan herstel word |
|
|
|
|
Dinsdag, 08 Julie 2008 |
|
Madame Tussaud se wasmuseum sal die beeld van Adolf Hitler herstel, wat deur ‘n besoeker aan die Berlynse tak onthoof is, en “sou gou as moontlik” weer op sy regmatige plek terugbesorg.
Saterdag, die openingsdag van die museum, het ‘n 41-jarige Berlynse man twee werkers opsy gestamp om die wasfiguur van Hitler by te dam. Hy het die kop afgeruk terwyl hy geskree het, “Geen oorlog meer nie!” Hy was slegs die tweede besoeker aan die museum. Die man is vlugtig deur die polisie aangehou. Die museum naby die Duitse hoofstad se Brandenburg-poort is van voorneme om Hitler uit te beeld sonder om hom te vereer. |