|
Kerk van Engeland sal later stem oor vroue as biskoppe |
|
|
|
|
Maandag, 07 Julie 2008 |
|
Die Kerk van Engeland se bestuursliggaam, die Algemene Sinode, sal later stem oor die voorwaardes waaronder vroue as biskoppe toegelaat sal word.
Die York-vergadering sal besluit tot watter mate voorsiening gemaak sal word vir diegene wat gekant is teen vroue-biskoppe. Die BBC berig ongeveer een-duisend-300 geestelikes dreig om die Kerk te verlaat as daar nie stappe geneem word om tradisionaliste gerus te stel nie. Die Algemene Sinode is egter deur die Biskop van Manchester, Nigel McCulloch, aangemoedig om nie “die hele kwessie net aan die gang te sit” te midde van vrese oor ‘n skeuring nie. |