|
Kenia–opsie vir Zimbabwe? |
|
|
|
|
Maandag, 07 Julie 2008 |
|
Robert Mugabe sal as die Zimbabwiese staatshoof aanbly, maar die werklike mag aan die opposisieleier, Morgan Tsvangirai, as premier oordra volgens ‘n voorstel deur President Thabo Mbeki.
Die Guardian berig Mugabe sal sy pos behou tot ‘n nuwe grondwet in plek en die volgende verkiesings afgehandel is. Die koerant haal ‘n senior bron van Tsvangirai se Movement for Democratic Change aan. Die bron het gesê die plan sluit in die erkenning van die eerste verkiesing in Maart wat deur Tsvangirai gewen is en het bygevoeg dat dit aanvaarbaar vir die MDC is as Mugabe as staatshoof aanbly, indien dit die weg na ‘n nuwe grondwet en volgende verkiesing baan. |