|
Regstreekse vlug van Sjina na Taiwan |
|
|
|
|
Vrydag, 04 Julie 2008 |
|
Die eerste gereëlde, regstreekse vlug van Sjina na Taiwan in byna sestig jaar het geland op die lughawe van Taipei.
Die eerste gereëlde, regstreekse vlug van Sjina na Taiwan in byna sestig jaar het geland op die lughawe van Taipei. Sjina se senior amptenaar oor Taiwanese sake sê dit dui op ‘n nuwe begin in verhoudings. Die twee word sedert 1949 regeer deur afsonderlike regerings, wat reisigers gedwing het om oor ‘n derde bestemming tussen die vasteland en die eiland te vlieg. Bande het verbeter sedert Taiwan se nuwe president, Ma Jing-jeou, in Mei aan bewind gekom het. |