Meningsopname

Gaan jy minder bestee aan Kersgeskenke die jaar?
 
Waar is jy die feesseisoen?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Afrika besluit oor Zimbabwe PDF Druk E-pos
Woensdag, 02 Julie 2008
Die Afrika-Unie het aan die einde van sy beraad in Egipte ‘n besluit opgestel waarin hy sy diepe kommer uitspreek oor die heersende toestand in Zimbabwe.  Die liggaam voeg by dat hy baie bekommerd is oor die negatiewe verslae van waarnemers van die AU, die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap en die Pan-Afrika-Parlement oor Zimbabwe se opvolg-presidentsverkiesing. Die AU het die geweld en lewensverlies veroordeel. Die organisasie het ook kennis geneem van die bereidheid van Zimbabwe se politieke leiers om te onderhandel oor die totstandkoming van ‘n regering van nasionale eenheid, en het president Thabo Mbeki geloof vir sy bemiddeling. In ‘n ander verwikkeling het Mbeki die Europese Unie se eise verwerp dat die Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tsvangirai, ‘n toekomstige regering in die land moet lei. IOL berig dat hy sê hy as bemiddelaar en die res van Afrika het nie voorskrifte gegee oor besluite wat Zimbabwiërs self moet neem nie. Hy het beklemtoon dat daar dialoog moet wees en dat die land se leiers ‘n ooreenkoms moet bereik. Intussen gaan die vervaardiger van Zimbabwe se banknoot-papier nie langer note aan die land voorsien nie. Die Duitse maatskappy Giesecke & Devrient het aangekondig dat hy onmiddellik ophou om banknoot-papier te verskaf aan die Zimbabwiese Reserwebank. Fin24 berig dat die maatskappy die besluit geneem het na ‘n amptelike versoek van die Duitse regering en oproepe vir internasionale sanksies deur die EU en die Verenigde Nasies. ‘n Tekort aan banknoot-papier kan geweldige druk plaas op Zimbabwe se sentrale bank, wat aanhou geld druk om in pas te bly met die land se hemelhoë inflasiekoers. Dit word tans geraam op byna vier miljoen persent.
 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET