|
Zanu-Pf is koppig oor eenheidsregering |
|
|
|
|
Dinsdag, 01 Julie 2008 |
|
Zimbabwe het versoeke dat hy 'n magsdeling-ooreenkoms met die opposisie, die MDC, aangaan, soortgelyk aan dié in Kenia, verwerp.
President Robert Mugabe se woordvoerder het aan joernaliste by die Afrika Unie se beraad in Egipte gesê dat Kenia, Kenia is en dat Zimbabwe sy eie maniere het om 'n politieke dooie punt op te los. Die MDC het reeds vroeër die idee verwerp van ‘n eenheids-regering in Zimbabwe onder leierskap van pres. Robert Mugabe. Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies,, Ban Ki-Moon het onderneem om geen moeite te ontsien om 'n oplossing vir die huidige politieke krisis in Zimbabwe te vind nie. |