|
Tennisnuus: Venus Williams deur na volgende ronde |
|
|
|
|
Dinsdag, 01 Julie 2008 |
|
Die verdedigende kampioen, Venus Williams, het na die kwarteindronde op Wimbledon deurgedring met 'n oorwinning van 6-3 en 6-4 oor Alisa Kleybanova.
Die verdedigende kampioen, Venus Williams, het na die kwarteindronde op Wimbledon deurgedring met 'n oorwinning van 6-3 en 6-4 oor Alisa Kleybanova. Die Amerikaner het 'n vyfde Wimbledon-titel in die visier. Haar suster, Serena, het in die laaste ag by haar aangesluit nadat sy in skoon stelle oor die mede-Amerikaner, Bethanie Mattek, geseëvier het. Tamarine Tanasugarn het die eerste Thaise speler geword om 'n Grand Slam-kwarteindronde te haal toe sy die tweede gekeurde Serwiër, Jelena Jankovic, verslaan het. |