|
President Robert Mugabe gaan verduidelik |
|
|
|
|
Maandag, 30 Junie 2008 |
|
'n Zimbabwiese diplomaat by die Afrika Unie beraad in Egipte sê President Robert Mugabe sal aan Afrika leiers verduidelik dat vereistes in die Zimbabwiese grondwet tot sy omstrede herverkiesing gelei het.
'n Zimbabwiese diplomaat by die Afrika Unie beraad in Egipte sê President Robert Mugabe sal aan Afrika leiers verduidelik dat vereistes in die Zimbabwiese grondwet tot sy omstrede herverkiesing gelei het. Mugabe het vandag in Sharm-el-Sheikh in Egipte aangekom te midde van internasionale druk op die AU om sy herverkiesing as onwettig te verwerp. Die diplomaat - wat anoniem wil bly - sê Mugabe sal verduidelik dat die grondwet hom verplig het om met die opvolg-verkiesing voort te gaan ondanks die onttrekking van die opposisie leier, Morgan Tsvangirai van die MDC. Intussen het die MDC voorgestel dat die Afrika Unie 'n spesiale gesant na Zimbabwe stuur. 'n MDC woordvoerder, George Chiboshiwe sê die gesant sal President Thabo Mbeki moet bystaan in sy rol as SADEK bemiddelaar. Hy sê die gesant sal in Harare die verhouding tussen die MDC en die ZANU-PF moet fasiliteer en ook 'n klimaat moet help skep waarbinne die geweld en die humanitêre krisis in die land aangespreek kan word. |