Meningsopname

Gaan jy minder bestee aan Kersgeskenke die jaar?
 
Waar is jy die feesseisoen?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Verkiesingswaarnemers in Zimbabwe laat vrae ontstaan PDF Druk E-pos
Maandag, 30 Junie 2008
Verkiesingswaarnemers van SADEK sê Zimbabwe se presidentsverkiesing het nie die wil van die mense weerspieël nie en sommiges het gevra vir nog 'n verkiesing.

Verkiesingswaarnemers van SADEK sê Zimbabwe se presidentsverkiesing het nie die wil van die mense weerspieël nie en sommiges het gevra vir nog 'n verkiesing. Hulle het 'n verklaring uitgereik kort nadat Robert Mugabe op kort kennisgewing vir 'n sesde termyn as president ingehuldig is. Die SADEK-waarnemers sê die verkiesing is gekenmerk deur politieke geweld, tot só 'n mate dat die geloofwaardigheid van die verkiesing in gedrang kom. Mugabe het intussen vir samesprekings met die opposisie gevra. Die MDC-leier, Morgan Tsvangirai, wat die eerste verkiesing in Maart gewen het,sê Mugabe kan nie as president erken word nie en ook nie vertrou word nie. Die MDC het intussen 'n beroep op die Afrika Unie gedoen om Mugabe nié by vandag se beraad te verwelkom nie, en sê dit sal 'n belediging aan Zimbabwiërs wees. Die MDC se adjunk-president, Thokozani Khupe sê sy is van plan om met die Zimbabwiese afvaardiging tydens die beraad te vergader. Khupe, wat nie 'n afgevaardigde by die AU-beraad is nie, sê sy het reeds positiewe samesprekings met amptenare van ander lande gevoer.

 

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET