|
Sokkernuus: Spanje wen Duitsland |
|
|
|
|
Maandag, 30 Junie 2008 |
|
Spaanse ondersteuners het deur die nag feesgevier nadat die nasionale span Duitsland met 1-nul geklop het in die eindstryd van die Euro 2008-toernooi in Wenen, Oostenryk.
Spaanse ondersteuners het deur die nag feesgevier nadat die nasionale span Duitsland met 1-nul geklop het in die eindstryd van die Euro 2008-toernooi in Wenen, Oostenryk. Dit is die eerste keer in 44 jaar dat Spanje ‘n vername internasionale trofee kon buit. Fernando Torres was die groot held toe hy die enigste doel van die wedstryd in die eerste helfte aangeteken het. Duitsland het kanse gehad, maar ongelooflike afweerpogings voor Spanje se doelhok het hom telkens verhoed om doele aan te teken. |