Meningsopname

Gaan jy minder bestee aan Kersgeskenke die jaar?
 
Waar is jy die feesseisoen?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

ANC vra dat Zimbabwe verkiesing gekanselleer word PDF Druk E-pos
Dinsdag, 24 Junie 2008
Die ANC het sy stem gevoeg by instansies en regerings wat die Mugabe regime gevra het om Vrydag se uitklopverkiesing te kanselleer.

Die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe sê die ANC is daarvan oortuig dat die hoë vlakke van geweld, 'n vry en regverdige verkiesing in Zimbabwe onmoontlik maak.Hy het 'n beroep op die MDC en ZANU-PF gedoen om 'n skikking te bereik en gesê die krisis kan net deur die inwoners van Zimbabwe bygelê word.Die ANC sê hy is onthuts met president Robert Mugabe se regerende ZANU PF-party wat nie mense se demokratiese regte in Zimbabwe respekteer nie en dit na willekeur vertrap. Die ANC het in ‘n verklaring gereageer op die wydskaalse aanvalle op en intimidasie van MDC ondersteuners en ampsdraers in die aanloop tot die presidensiële uitklopverkiesing. Die MDC-leier Morgan Tsvangirai het hom weens die staats-gesteunde geweld teen sy ondersteuners aan die verkiesing onttrek. Hy skuil tans in die Nederlandse ambassade in Harare omdat hy vir sy lewe vrees.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET