Meningsopname

Gaan jy minder bestee aan Kersgeskenke die jaar?
 
Waar is jy die feesseisoen?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Mugabe wil MDC –leiers toesluit PDF Druk E-pos
Dinsdag, 17 Junie 2008
President Robert Mugabe van Zimbabwe het gedreig om opposisieleiers in hegtenis te neem oor die toenemende geweld voor die opvolg-presidentsverkiesing die einde van die maand.

Hy het op ‘n saamtrek in Kadoma gesê die party MDC en sy leierskap kan binnekort aanspreeklik gehou word vir geweldsmisdade in die land. Mail & Guardian berig dat die MDC
Mugabe se dreigemente onmiddellik verwerp het. Mugabe se beskuldigings volg op die naweek se waarskuwing dat hy gereed is om te veg om te verhoed dat die opposisie die bewind oorneem. Die MDC beweer intussen nog twee van sy aktiviste is deur lede van die regerende Zanu-PF vermoor tydens verkiesings-geweld. Die party sê dit bring die sterftesyfer sedert Maart se verkiesing op 70 te staan. Victor Mungazi, ‘n MDC-ampsdraer in die onrusgeteisterde Masjonaland, is dood nadat hy na bewering vroeg gisteroggend deur Zanu-PF-ondersteuners ontvoer en erg aangerand is. In ‘n ander voorval is ‘n hoërskool-onderwysers ook na bewering ontvoer en doodgeslaan nadat hy daarvan beskuldig is dat hy die MDC ondersteun.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET