|
Russe kraai weer koning in die Comrades |
|
|
|
|
Sondag, 15 Junie 2008 |
|
Die verdedigende kampioen Leonid Shvetsov van Rusland het vanjaar se Comrades ultra-marathon van 87 kilometer tussen Durban en Pietermaritzburg in ‘n rekordtyd van vyf ure 24 minute en 53 sekondes gewen.
Die 39-jarige Shvetsov het sy landgenoot Wladimir Kotov se Comrades rekord van vyf ure, 25 minute en 33 sekondes in 2000 verbeter. Tweede was die Rus Jaroslav Janicki gevolg deur Steven Muschingi van Zimbabwe. Die vroue afdeling is deur Elena Nurgalieva van Rusland gewen. |