|
Mugabe dreig met oorlog as hy die verkiesing verloor |
|
|
|
|
Sondag, 15 Junie 2008 |
|
’n Veglustige president Robert Mugabe het aan sy ondersteuners gesê dat hy nie sal toelaat dat die MDC-leier, Morgan Tsvangirai, president van Zimbabwe word as hy die presidensiële uitklopverkiesing op 27 Junie sou wen nie.
Hy het gedreig dat hy en sy ondersteuners die wapen sal opneem teen die MDC wat hy as ‘n spul verraaiers uitgekryt het. MDC ondersteuners word daagliks op gewelddadige wyse deur pro Mugabe polisie en soldate geïntimideer om nie vir Tsvangirai te stem nie. |