Meningsopname

Gaan jy minder bestee aan Kersgeskenke die jaar?
 
Waar is jy die feesseisoen?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Kosmos 94.1 beskik oor n vakature vir n lugtydbemarker. Indien jy oor die ervaring en kundigheid in die veld beskik
wil ons baie graag van jou hoor. Skakel Kolie van Coller by 0811273000 of epos kolie by kosmos.com.na

Suid Afrika praat oor Tsvangirai se aanhouding PDF Druk E-pos
Saterdag, 14 Junie 2008
Suid-Afrika sê die inhegtenisname van leiers van die opposisie en die geweld in Zimbabwe moet aangespreek word voor die opvolgverkiesing. Die Adjunkminister van Buitelandse Sake, Aziz Pahad, sê ernstige kommer heers oor die geweld in Zimbabwe.  Hy sê President Thabo Mbeki bespreek die kwessies met die Zimbabwiese leiers.  Pahad sê die Suid-Afrikaanse regering sal 70 waarnemers stuur wat deel uitmaak van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se waarnemingspan in Zimbabwe. Intussen het die Universiteit van Massachusetts se raad van trustees ‘n eregraad teruggetrek wat twee dekades gelede aan Mugabe toegeken is.  Hy het die eredoktorsgraad in regte in 1986 ontvang, toe baie hom beskou het as ‘n leier wat hom beywer het vir demokrasie en hervorming in Afrika.  Die hoof van die universiteit, Jack Wilson, sê Mugabe se menseregteskendings het die teendeel bewys.  Die universiteit het nog nooit voorheen ‘n eregraad teruggetrek nie.
 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET