|
Zimbabwe verkiesingsveldtog verloor geloofwaardigheid |
|
|
|
|
Vrydag, 13 Junie 2008 |
|
Die Zimbabwiese opposisieparty MDC sê die polisie het vandag die verkiesings-busse van sy leier, Morgan Tsvangirai, geskut.
Die polisie beweer dat hulle die voertuie wou deursoek, maar dit is die afgelope twee dae minstens vyf keer gedoen. Die party sê Tsvangirai het nogtans aangegaan met sy stemwerwing. Hy sê die geesdriftige ontvangs wat hy gekry het, het hom daarvan oortuig dat sy party beslis die presidents-verkiesing gaan wen. Vroeër het president Robert Mugabe gewaarsku dat die land se oorlogs-veterane gereed is om te veg om te verhoed dat die MDC die bewind oorneem. Die Withuis sê intussen dit het tyd geword dat die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad onmiddellik optree om die verdere agteruitgang van die streek se humanitêre en veiligheidstoestand te verhoed. |